Book Review

Reviews

Editorial Office
In die Skriflig/In Luce Verbi | Vol 43, No 4 | a253 | DOI: https://doi.org/10.4102/ids.v43i4.253 | © 1970 Editorial Office | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 26 July 2009 | Published:

About the author(s)

Editorial Office,, South Africa

Full Text:

PDF (41KB)

Abstract

Hierdie boek is die eerste keer in 1972 in Amerika uitgegee en weer in 1994. Dit is duidelik dat al die sake wat toe in die brandpunt was en waaroor debat gevoer en navorsing gedoen is, nie meer vandag soveel aandag geniet nie. Ander aspekte (soos later bespreek sal word) bly steeds aktueel. Die skrywer, John Howard Yoder, was professor in Teologie aan die Universiteit van Notre Dame in Indiana. Hy was besonder goed op hoogte van die etiese sake wat brandend was in Amerika (en waarskynlik in die wêreld) in die tyd toe hy geskryf het. In die boek handel dit oor die benadering wat Jesus Christus sou gehad het oor die samelewing met betrekking tot geweld, die politiek en die sosiale- en magstrukture waarbinne mense beweeg. Die boek lees moeilik en vereis ’n mens se volle konsentrasie – dit kan nie vir ontspanningslektuur gelees word nie. Die skrywer maak gebruik van ander (toentertydse) relevante navorsing en bring die resultaat van sy eie eksegetiese en herme- neutiese arbeid na vore. Omdat Yoder verskillende aspekte van die rol van Jesus (’n mens sou wou dat hy eerder die volle titel Jesus Christus gebruik!) bespreek, is daar nie eintlik slegs een tema of “goue draad” wat deur die boek loop nie. Die boek dui wel op ’n vars, direkte manier aan hoe dit wat Jesus Christus tweeduisend jaar gelede geleer en geleef het, vandag nog in die samelewing toegepas kan en behoort te word. Baie dinge wat tradisioneel oor Hom geskryf is, is nie relevant nie. (Dit is waarskynlik waarom die uitgewers besluit het om die boek te laat vertaal en [weer] uit te gee!)

Keywords

No related keywords in the metadata.

Metrics

Total abstract views: 2623
Total article views: 1430


Crossref Citations

No related citations found.