Original Research

Editorial

Editorial Office
In die Skriflig/In Luce Verbi | Vol 42, No 3 | a272 | DOI: https://doi.org/10.4102/ids.v42i3.272 | © 2008 Editorial Office | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 27 July 2008 | Published: 27 July 2008

About the author(s)

Editorial Office,, South Africa

Full Text:

PDF (65KB)

Abstract

Die derde uitgawe van In die Skriflig vir 2008 bevat ’n verskei- denheid artikels wat leesstof in verskillende dissiplines van die gereformeerde teologiese ensiklopedie verskaf. C.J. Smit verskaf prikkelende gedagtes oor die verhouding van die kerkorde en die werk van die Heilige Gees. Dit is in ’n tyd waarin veral die charis- matiese teologie die gedagte wek dat enige vorm van ’n kerklike dokument, soos belydenisskrifte en ’n kerkorde, die werking van die Heilige Gees strem en die vryheid van gelowiges inperk. Die artikel van J.L. Helberg vra die aandag vir die relevansie van die bui- tengewone geboorte van Jesus vir die posisie van die vrou in die kerk. Hierdie artikel moet gesien word as ’n waardevolle bydrae in die debat oor die posisie van die vrou wat binnekort weer op die algemene sinode van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika aan die orde sal kom. Die boek van Fika Janse van Rensburg, Douw Breed en Jorrie Jordaan met die tema “Manlik en vroulik in die Bybel” wat onlangs verskyn het en by die spesiale algemene ver- gadering van die Gereformeerde Teologiese Vereniging bespreek is, het wye reaksie uitgelok en een van die reaksies, ’n reaksie deur P.N. Archbald, word in hierdie uitgawe as ’n fokusartikel geplaas. Die artikel van Helberg en hierdie boek, met die reaksies daarop, het vele nuwe insigte oopgemaak en kan dien as prikkelende stof vir verdere besinning.

Keywords

No related keywords in the metadata.

Metrics

Total abstract views: 2555
Total article views: 1827


Crossref Citations

No related citations found.