Editorial
Editorial
In die Skriflig/In Luce Verbi | Vol 41, No 3 | a310 |
DOI: https://doi.org/10.4102/ids.v41i3.310
| © 2007 Editorial Office
| This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 27 July 2007 | Published: 27 July 2007
Submitted: 27 July 2007 | Published: 27 July 2007
About the author(s)
Editorial Office,, South AfricaFull Text:
PDF (59KB)Abstract
Met dankbaarheid en ook ’n bietjie trots bied ons hierdie derde uitgawe van In die Skriflig van 2007 aan. Ons is dankbaar dat ons ’n goeie standhoudende stroom van bydraes ontvang en is trots op die gehalte van ons blad. Weereens ’n woord van dank aan ons redaksie en administratiewe personeel wat hard gewerk het om hierdie uitgawe die lig te laat sien. Ook ons dank aan die drukkers, V&R in Pretoria, vir die netjiese en presiese drukwerk. Ons plaas weer artikels wat ’n verskeidenheid temas uit die hele spektrum van die teologiese ensiklopedie dek. Op die gebied van die praktiese teologie lewer Yvonne Campbell-Lane, George Lotter en Ben de Klerk bydraes. Hulle hanteer onderskeidelik die betekenis van innerlike verandering in die Corpus Paulinium en die implikasies daarvan vir die pastorale berading en die liturgiese betekenis van die seën in die erediens. Ons is dankbaar dat ons op die vlak van die praktiese bediening bydraes kan lewer aangesien liturgiese belewenis en pastorale effektiwitiet tans hoog in aanvraag is.
Keywords
No related keywords in the metadata.
Metrics
Total abstract views: 2876Total article views: 2028