Original Research
Developing an integrated approach to interpret New Testament use of the Old Testament
Submitted: 09 July 2012 | Published: 16 November 2012
About the author(s)
Gregory Y. Phillips, Research Unit for Reformed Theology, North-West University, South AfricaFika Janse van Rensburg, Research Unit for Reformed Theology, North-West University,, South Africa
Herrie F. van Rooy, Research Unit for Reformed Theology, North-West University,, South Africa
Abstract
Die ontwerp van ‘n geïntegreerde benadering om Nuwe-Testamentiese gebruik van die Ou Testament te verstaan. Die bedoeling met hierdie artikel is om ’n benadering te ontwerp om die Nuwe-Testamentiese gebruik van die Ou Testament te verstaan. Dié benadering moet die mees bruikbare insigte van die navorsing oor die Tweede Tempelperiode en die hedendaagse literêre teorie integreer, met die oog daarop om op die mees konstante en effektiewe wyse ’n geldige verklaring van die Bybelse data te gee. In hierdie proses word etlike hermeneutiese vraagstukke onder die loep geneem. Aangesien die fokus van die Nuwe-Testamentiese gebruik van die Ou Testament die persoon en verlossingswerk van Jesus is, is dit nodig dat hierdie fokus by die Christen se verstaan ook teenwoordig is. Dit is so dat ouer en nuwer tekste mekaar interpreteer; dit hou egter nie in dat daar dubbelsinnigheid is oor die outeur se bedoelde enkele betekenis, of ’n skeeftrekking van die oorspronklike betekenis van die ouer teks nie. ’n Leser kom noodwendig na die teks met ’n spesifieke wêreldbeskouing, wat ’n mengsel is van Bybelse en onbybelse perspektiewe. Dit verhoed die leser egter nie om by ’n geldige verstaan van die teks uit te kom wat voldoende oorvleuel met die mees waarskynlike betekenis van die teks soos wat die outeur dit bedoel het en wat logieserwys die meeste van die bybelse data goed en organies verreken nie. Die voorgestelde benadering neem die grammaties-historiese metode as die normatiewe beginpunt vir eksegese, en volg dan die Nuwe Testament self na deur die breër kanoniese konteks te verreken. Eers dan word die literatuur van die Tweede Tempelperiode asook die literêre teorie van die huidige tyd verreken.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 7548Total article views: 12905
Crossref Citations
1. ‘Son of man’ in the Gospel of Mark
Marius Nel
In die Skriflig / In Luce Verbi vol: 51 issue: 3 year: 2017
doi: 10.4102/ids.v51i3.2096
2. Rather Spirit-filled than learned! Pentecostalism's tradition of anti-intellectualism and Pentecostal theological scholarship
Marius Nel
Verbum et Ecclesia vol: 37 issue: 1 year: 2016
doi: 10.4102/ve.v37i1.1533
3. Vooronderstellings wat die eskatologie beïnvloed
Jacob J. Scholtz
In die Skriflig/In Luce Verbi vol: 50 issue: 1 year: 2016
doi: 10.4102/ids.v50i1.2170
4. Lydende Nuwe-Testamentiese gelowiges bedien deur die Ou-Testamentiese profete: Eksegese van 1 Petrus 1:10–12
Douw G. Breed
In die Skriflig / In Luce Verbi vol: 56 issue: 1 year: 2022
doi: 10.4102/ids.v56i1.2809
5. The delay of the Day of the Lord in Malachi: A missional reading
Bob Wielenga
In die Skriflig/In Luce Verbi vol: 52 issue: 1 year: 2018
doi: 10.4102/ids.v52i1.2362
6. What is ‘the sign of the Son of man in heaven’ (Mt 24:30)?
Marius Nel
In die Skriflig/In Luce Verbi vol: 49 issue: 1 year: 2015
doi: 10.4102/ids.v49i1.1876