Original Research - Special Collection: Heidelberg Catechism

’n Etiek van liefde: Die etiese perspektiewe van die Heidelbergse Kategismus

Koos Vorster
In die Skriflig/In Luce Verbi | Vol 47, No 2 | a704 | DOI: https://doi.org/10.4102/ids.v47i2.704 | © 2013 Koos Vorster | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 18 February 2013 | Published: 26 June 2013

About the author(s)

Koos Vorster, Faculty of Theololgy, North-West University, South Africa

Abstract

Hierdie artikel behandel die etiese perspektiewe van die Heidelbergse Kategismus – een van die prominente belydenisskrifte in die gereformeerde tradisie. Die etiese relevansie is ingebed in die konfessie se verklaring van die tien gebooie. Die artikel verduidelik dat die etiek van die Heidelbergse Kategismus ten diepste ’n karakteretiek is en dat dit gelowiges oproep tot ’n etiek van liefde. Hierdie liefde sluit in liefde vir die verbondsgemeenskap, die bediening van die Woord, die heiligheid van God en die waardigheid van mense, die gemeenskap van die gelowiges, gesag, die lewe, die huwelik, privaatbesit en arbeid asook waarheid en geregtigheid. As gevolg van die sinekdogeekarakter van die wet is hierdie etiek van liefde vandag baie relevant.

This article deals with the ethical relevance of one of the prominent confessions in the reformed tradition, namely the Heidelberg Cathechism. The ethical relevance lies in the confession’s elucidation of the ten commandments and its application to moral conduct. The article explains that the ethics of the Heidelberg Catechism is essentially a virtue ethics calling for an ethics of love. This love should include love for the covenantal communion, ministry of the Word, the holiness of God and the dignity of people, the communion of the saints, authority, life, marriage, private property and labour, and truth and justice. Due to the synecdochical character of the ten commandments this ethics of love is highy relevant in the present times.


Keywords

No related keywords in the metadata.

Metrics

Total abstract views: 4391
Total article views: 7655


Crossref Citations

No related citations found.