Original Research
Moderne diskoerse in die teologie vandag
Submitted: 10 April 2013 | Published: 23 May 2013
About the author(s)
J.H. van Wyk, Eenheid vir Reformatoriese Teologie, Noordwes-Universiteit, South AfricaAbstract
In hierdie artikel word aandag gevra vir enkele moderne diskoerse in die teologie vandag. Volgens die outeur staan die vrae oor God, Jesus, die mens en die aarde in die sentrum van belangstelling en oorheers dit in ’n groot mate die teologiese debat. Die opkoms van die moderne aggressiewe ateïsme, die wetenskaplike navorsing oor die historiese Jesus, die groeiende vrae oor die mens en die menslike samelewing, asook die dreigende ekologiese krisis op aarde, sorg vir nuwe debatte van ongekende omvang. Die outeur bespreek hierdie debatte oorsigtelik, met kritiek waar nodig, en sluit af met enkele rigtingwysers van wat hy as ‘goeie teologie’ verstaan.
In this article attention is paid to some modern discourses in theology today. According to the author the questions about God, Jesus, man and the earth are in the centre of interest and to a large extent dominate the theological debate. The rise of modern aggressive atheism, the scientific research on the historic Jesus, the growing questions about man and human society as well as the threatening ecological crisis on earth, provide new discourses of unparalleled magnitude. The author provides a broad summary of these discourses, with criticism where necessary, and concludes with some indicators of his view what can be called ‘good theology’.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 3312Total article views: 7339