Original Research
Die vrou in die kerkgeskiedenis
In die Skriflig/In Luce Verbi | Vol 14, No 53 | a754 |
DOI: https://doi.org/10.4102/ids.v14i53.754
| © 1980 A. Boeseken
| This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 13 May 1980 | Published: 13 May 1980
Submitted: 13 May 1980 | Published: 13 May 1980
About the author(s)
A. Boeseken,, South AfricaFull Text:
PDF (195KB)Abstract
Die onderwerp, "Die vrou in die kerkgeskiedenis” is so veelsydig as die lewe self en die eerste vraag wat opduik is: "Waar begin die kerkgeskiedenis?” Daaroor het in boeke wat in die dertigerjare van hierdie eeu geskryf is, geen eenstemmigheid geheers nie. In ’n beknopte geskiedenis van wat Spoelstra vir katkisante geskryf het, verduidelik hy dat die kerkgeskiedenis by Adam en Eva begin, terwyl in hul "Kerkgeskiedenis vir ons Volk” A. M. Kriel en G. B. A. Gerdener skryf dat die kerkgeskiedenis op die Pinksterdag begin. (Hiermee stem S. du Toit asook Spoelstra, Pont en Keet saam). G. S. Wegener sê in "Die Lewende Kerk” dat dit op Golgotha "in vertwyfeling, wanhoop en vrees” begin. Maar nou wil ek as "leek” en miskien as "ketter” van al hierdie geleerde uitsprake verskil. Vir my begin die kerkgeskiedenis met die opstanding van Christus uit die graf, toe Hy volgens Job. 20:7 aan Maria gesê het: "Gaan na my broeders en sê vir hulle: "Ek vaar op na my Vader en julle Vader en na my God en julle God”.
Keywords
No related keywords in the metadata.
Metrics
Total abstract views: 2514Total article views: 3759