Original Research

Die invloedsverlies van die kerk as geloofsgemeenskap op Christen adolessente se besluite rondom seksualiteit

Mathys J. Bornman
In die Skriflig/In Luce Verbi | Vol 47, No 1 | a95 | DOI: https://doi.org/10.4102/ids.v47i1.95 | © 2013 Mathys J. Bornman | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 12 July 2012 | Published: 13 March 2013

About the author(s)

Mathys J. Bornman, School of Biblical Counselling and Church Ministry, Faculty of Theology, North-West University, Potchefstroom Campus, South Africa


Share this article

Bookmark and Share

Abstract

Baie Suid-Afrikaanse adolessente is seksueel aktief, ten spyte van wat hulle geloofsgemeenskap se lering oor seksuele aktiwiteite is. Daar kan nie ’n onderskeid gemaak word tussen die seksuele aktiwiteite van adolessente wat aan ’n geloofsgemeenskap behoort en adolessente wat nie aan ’n geloofsgemeenskap behoort nie. Hierdie studie argumenteer dat die rede vir hierdie tendens die verlies aan invloed is wat die geloofsgemeenskap op die besluitnemingsraamwerk van adolessente het met betrekking tot seksuele aktiwiteite. Deur die gebruik van deelnemerobservasie-navorsing as metodologie het adolessente deelnemers aan hierdie studie die inligtingsbronne wat adolessente oor seksuele aktiwiteite gebruik, geïdentifiseer asook die boodskappe wat hierdie bronne deurgee. Na aanleiding van hierdie data, binne die konteks van reeds bestaande literatuur, word die afleiding gemaak dat die kerk, as ’n geloofsgemeenskap, nie meer ’n invloed het op adolessente se seksuele aktiwiteite en hulle besluite daarrondom nie. Hierdie bevindings word binne die konteks van adolessensie as ontwikkelingsfase asook die ontwikkeling van moraliteit geplaas.

The loss of influence of the faith community on Christian adolescents regarding decisions of sexual activities. Many South African adolescents are sexually active, regardless of what their faith communities teach on sexual activity. No distinction can be made between the sexual activities of adolescents who belong to a faith community and adolescents without one. This study argues that this trend prevails because the faith community no longer has an influence on the decision-making framework of adolescents. By using participant observation research as methodology the adolescent participants in this study identified the sources of information about sexual activities that are used by adolescents and also the messages from these sources. Following this argument, within the context of existing literature, the argument is that the church, as community of faith, has no longer an influence on adolescents’ sexual activities and their decisions regarding sex. These findings are placed within the context of adolescence as a developmental phase and the development of morality during this phase.

Keywords

Community of Believers; Decisional Framework; Adolescents; Sexual Activity

Metrics

Total abstract views: 2274
Total article views: 7183

 

Crossref Citations

1. How do clergy in the Afrikaans-speaking churches deal with sexuality and HIV prevention in young people? Is the message clear?
Alta C. Van Dyk
Verbum et Ecclesia  vol: 38  issue: 1  year: 2017  
doi: 10.4102/ve.v38i1.1762