Original Research

Kerkgroei: 'n Kritiese evaluering van die kernaspekte van die Church Growth Movement

F. Buys
In die Skriflig/In Luce Verbi | Vol 22, No 87 | a1328 | DOI: https://doi.org/10.4102/ids.v22i87.1328 | © 1988 F. Buys | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 06 June 1988 | Published: 06 June 1988

About the author(s)

F. Buys,, South Africa

Full Text:

PDF (413KB)

Abstract

Daar is nie ’n sendingwetenskaplike rigting in die wêreld wat groter en invloedryker is as die “Church Growth Movement” nie. Die U.S. Center for World Mission, onder leiding van Ralph Winter, wat in 1976 uit die “Church Growth Movement” ontstaan het, en wat die beskouings van die “Church Growth Movement” die sterkste wêreldwyd propageer, is ingerig op ’n voormalige universiteitskampus in Pasadena. Kalifornie. Dit beslaan ’n grondgebied van 35 akkers, en is die grootste instelling in die wêreld wat hom beywer vir sendingwetenskaplike navorsing en ondersteuning van sendingprojekte. Kantoorruimte, klaskamers, rekenaarfasiliteite, ’n biblioteek, slaapsale en ander bates is reeds meer as 25 miljoen dollar werd. Sendelinge van sewentig verskillende denominasies en genootskappe werk reeds daar saam in navorsingsprojekte en gevorderde opleiding en mobilisering van sendelinge. Die oorheersende doel is om teen die jaar 2000 die sendingtaak van die kerk voltooi te sien in dié opsig dat daar Christelike kerke onder al die 17 000 onbereikte volksgroepe van die wereld tot stand gekom het, (Vgl The U.S. Center for World Mission. 198?).

Keywords

No related keywords in the metadata.

Metrics

Total abstract views: 2553
Total article views: 2322


Crossref Citations

No related citations found.