Original Research

Kerkliedere met ’n lae gebruiksfrekwensie: Speel die melodie ’n rol?

Jacoba H. van Rooy
In die Skriflig/In Luce Verbi | Vol 48, No 2 | a1776 | DOI: https://doi.org/10.4102/ids.v48i2.1776 | © 2014 Jacoba H. van Rooy | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 28 October 2013 | Published: 20 August 2014

About the author(s)

Jacoba H. van Rooy, Faculty of Theology, North-West University, Potchefstroom Campus, South Africa

Abstract

Enige kerklike liedboek bevat liedere wat dikwels tydens eredienste gesing word en liedere wat min of nooit gesing word nie. Hierdie toedrag van sake kan aan ’n verskeidenheid faktore toegeskryf word. In sommige gevalle mag die inhoud van ’n lied dalk liturgies nie maklik bruikbaar wees nie. Daar is egter gevalle waar die inhoud liturgies bruikbaar is, maar waar die liedere steeds nie dikwels in die liturgie gebruik word nie. Ook hiervoor kan daar verskillende redes wees. Soms word die melodieë van die liedere as die rede aangevoer waarom dit weinig gesing word. Hierdie artikel ondersoek die aangeleentheid met verwysing na ’n aantal liedere wat min gebruik word volgens die bevindings van ’n empiriese ondersoek na die gebruik van liedere in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA). Die artikel gee aandag aan die vereistes vir en die funksie van kerkliedere as agtergrond vir die beoordeling van ’n aantal liedere. Die resultate van die empiriese ondersoek is vir die keuse van die melodieë gebruik wat in hierdie artikel bespreek word. Die melodieë van die betrokke vyf liedere word bespreek en geëvalueer om te bepaal of dit moontlik ’n rol kan speel in die lae gebruiksfrekwensie daarvan. Die artikel toon aan dat die melodie wel ’n belangrike aanduider in die lae gebruiksfrekwensie van die liedere is.

Hymns used infrequently: Does the melody play a role? Any hymn book contains hymns that are sung frequently during services and other hymns that are sung very rarely or even never. This fact can be ascribed to a number of reasons. In some instances the contents of the hymn are such that it does not fit easily into the liturgy of a service. There are, however, hymns that could easily be used in the liturgy, but are used infrequently. Different reasons can account for this. The melodies of such hymns are often blamed for this state of affairs. This article explores this issue with respect to a number of hymns that are utilised infrequently according to data from an empirical investigation into the frequency of the use of hymns in the Reformed Churches in South Africa (RCSA). This article discusses the requirements for and the function of ecclesiastical hymns as background for the evaluation of a number of hymns. Results from an empirical investigation were used for the selection of melodies discussed in this article. The article then discusses and evaluates the melodies of five hymns that are used very infrequently in the churches to determine whether these melodies impacted negatively on the use of these hymns. From this discussion it is evident that the melody plays an important role in the low frequency use in the liturgy.


Keywords

Psalter; Hymn; Melody; Metric Psalms

Metrics

Total abstract views: 3205
Total article views: 7798


Crossref Citations

No related citations found.