Original Research

Die Gereformeerde Kerkverband as societas van plaaslike gemeentes

L. Roeleveld
In die Skriflig/In Luce Verbi | Vol 14, No 56 | a774 | DOI: https://doi.org/10.4102/ids.v14i56.774 | © 1980 L. Roeleveld | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 14 May 1980 | Published: 14 May 1980

About the author(s)

L. Roeleveld,, South Africa

Full Text:

PDF (561KB)

Abstract

Gijsbert Voet noem die samewerking tussen plaaslike gemeentes correspondentia, wat algemeen — maar onnoukeurig en dubbelsinnig — gewoonlik vertaal word deur ‘kerkverband’. Daardie verband tipeer hy op baie maniere. Een daarvan is die benaming mutua societas, terwyl hy die gemeentes as socii aandui. Wat bedoel Voet met hierdie uitdrukkings? Die agtergrond van die gemene reg van sy tyd kan moontlik opheldering gee. Die Latynse woord societas kan beteken bondgenootskap, deelneming, gemeenskap, geselskap, handelmaatskappy, vennootskap, verbond. Socius is bondgenoot, metgesel, deelgenoot, kompanjon, lid van ’n vennootskap.

Keywords

No related keywords in the metadata.

Metrics

Total abstract views: 2340
Total article views: 2008


Crossref Citations

No related citations found.